Wednesday 14 June 2017

Ontbytgraanblokkies



Ontbytgraanblokkies
Aantal: 20 blokkies (afhanklik van grootte)

Bestanddele
...
1 pakkie Beacon pienk en wit malvalekkers
4 eetlepels botter
1 eetlepel lemoenskil, gerasper
3 koppies Jungle Crunchalots, oorspronklike geur
3 koppies Jungle Energy Clusters, bosbessie-geur
¾ koppie gedroogde bosbessies, grofgekap
1 koppie witsjokolade in brokkies/klontjies

Klik hier om in te skryf en jy kan dalk een van twee Nutribullets of een van tien Jungle Oats-geskenkpakke wen!

Metode:
1.Voer ´n losboomkoekpan met waspapier uit.
2.Verhit botter, lemoenskil en malvalekkers in ´n groot pot oor lae hitte. Roer totdat malvalekkers heeltemal gesmelt het.
3.Verwyder van die stoof en roer die ontbytgrane in. Meng goed.
4.Wanneer die mengsel begin afkoel, maar nog warm is, kan jy die droë bosbessies en witsjokoladestukkies byvoeg.
5.Skep die mengsel in die pan en stryk dit glad. Laat dit effens stol en sny dit dan in blokkies.
6.Laat dit afkoel totdat dit mooi styf is.