Wednesday 14 June 2017

Ongebakte hawermout koekies




Ongebakte hawermout koekies

Resep lewer 30 tot 40 koekies

125g margarien...
2 koppies suiker
Halwe koppie kakao
Halwe koppie melk

3 koppies hawermout (oats)
1 koppie klapper
Halwe teelepel vanilla essens
1 x 150g blok melksjokolade gesmelt

Plaas die margarien..suiker..kakao en melk saam in groterige kastrol en verhit oor lae hitte totdat die margarien gesmelt en die suiker opgelos is. Verhoog die hitte..bring tot kookpunt en kook 3 minute lank saam. Haal die kastrol van die plaat af en roer die oats..klapper en vanieljegeursel by. Skep telepelsvol op 'n bakplaat wat met bakpapier gevoer is en laat staan tot heeltemal afgekoel en gestol. Doop die bopunt van die koekies in die gesmelte sjokolade en laat staan tot gestol. Bêre in lugdigte houer.