Wednesday, 14 June 2017

HAASTIGE HUISVROU PASTEI


HAASTIGE HUISVROU PASTEI
BESTANDDELE:...
6 snye gesmeerde brood,
1 blik weense worsies,
2 koppies melk,
1 teelepel aangemaakte mostert – of gekoopte mostert,

2 eiers,
2 eetlepels gerasperde ui,
1 koppie gerasperde kaas,
sout & peper na smaak.
METODE:
Smeer ‘n oondbak of spuit dit. Plaas brood in bak met botterkant bo. Druk worsies fyn, meng met ui + mostert. Skep oor brood.
Klits eiers & melk saam en gooi oor brood. Sprinkel kaas oor en laat staan vir 1uur.
Bak by 180ºC vir plus minus 30 minute. ( Worsies kan met maalvleis, hoender of vis vervang word)

No comments:

Post a Comment