Thursday 22 June 2017

Plaatkoekies met heuningbotter



Plaatkoekies met heuningbotter
Maak 12
...
Heuningbotter
45 ml (3 e) heuning
80 ml (1⁄3 k) sagte botter

Ricotta-plaatkoekies
375 ml (1½ k) bruismeel
125 ml (½ k) strooisuiker

4 eiers, geskei
375 ml (1½ k) karringmelk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
200 g ricotta, gekrummel
olyfolie vir braai
vars aarbeie vir die voorsitslag
hand vol kruisementblare

1 Heuningbotter: meng die botter en heuning en verkoel in die yskas tot benodig.
2 Plaatkoekies: Meng die meel, suiker, eiergele, karringmelk en vanielje in ’n bak.
3 Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou saam met die ricotta deur die meelmengsel.
4 Verhit die olie in ’n kleefwerende pan oor lae hitte. Sit ’n ronde, hittebestande, 8 cm vorm in die pan en skep 80 ml (3 e) van die mengsel in. Sit ’n deksel of kastrolletjie bo-op en bak vir 3-4 min. Draai die plaatkoekie versigtig om en bak vir nog 3-4 min. tot goudbruin en gaar.
5 Sit voor met die heuningbotter en aarbeie en strooi kruisementblare oor.