Wednesday, 14 June 2017
Lemon Meringue
Lemon Meringue
Ek het die resep vir die groot ring pan 5 x verdubbel.
Maak tennis koekies fyn en meng met gesmelte margarien. Druk in ring pan. ...
1 blikkie kondensmelk
2 eiers geskei
125ml suurlemoensap
50ml strooisuiker
Meng die kondensmelk, 2 eiergele en suurlemoensap sap. Gooi bo op tertkors en bak vir 5 minute 180gr.
Klits 2 eierwitte saam met die strooisuiker tot stywe punt vorm. Skep bo op tert en bak tot meringue bruin is.
As jy 'n groot tert moet maak verdubbel net die bestanddele.