Thursday, 22 June 2017

Lemoen-en-papawersaad-beskuit



Lemoen-en-papawersaad-beskuit
ongeveer 50 stukkies

2¼ kg (9 k) koekmeel
30 ml (2 e) bakpoeier...
5 ml (1 t) sout
375 g sagte botter
500 ml (2 k) suiker
2 lemoene se skil fyn gerasper
187 ml (¾ k) papawersaad
500 ml (2 k) karringmelk
125 ml (½ k) lemoensap
125 ml (½ k) melk
3 eiers

Stel oond op 180 °C.
1. Sif meel, bakpoeier en sout.
2. Vryf botter by meel in totdat dit soos broodkrummels lyk.
3. Roer suiker, lemoenskil en papawersaad by.
4. Klits karringmelk, lemoensap, melk en eiers en roer by meelmengsel.
5. Skep deeg in broodpannetjies. Pannetjies moenie meer as ¾ vol deeg wees nie.
6. Bak vir 50 min. of tot toetspen skoon uitkom.
7. Laat beskuit op draadrakkie afkoel en sny in stukke.
8. Droog beskuit teen 70°C vir 5 uur uit of tot heeltemal droog.

No comments:

Post a Comment