Thursday 22 June 2017

Ontbyt-wraps met spinasie en feta



Ontbyt-wraps met spinasie en feta
8 Porsies
...
Bestanddele:
250g jong spinasieblare
4 knoffelhuisies, fyngekap
15ml olyfolie

1 x 410g blikkie gekapte tamaties, gedreineer
10 eierwitte
170g fetakaas, gekrummel
sout en swartpeper na smaak
8 wraps (of gebruik pannekoek sonder kaneelsuiker)

Metode:
Soteer die spinasie en knoffel vir 5 minute in die olyfolie of tot die spinasie verwelk.

Roer die tamaties by en kook vir nog 2 minute. Skep die spinasiemengsel in 'n groot bord wat gevoer is met handdoekpapier. Hou eenkant.

Giet die eierwit in die pan en roer tot gaar.

Skep die roer eier, spinasiemengsel en gekrummelde feta op elke wrap. Geur met sout en swartpeper en draai dit toe.