Thursday 22 June 2017

Engela se growwe beskuit



Engela se growwe beskuit
Bestanddele:
6 k volkoringmeel
2 k semels
1¼ k bruinsuiker...
7 t bakpoeier
1 t sout
250 g botter
2 eiers
½ k kookolie
1 k karringmelk
1 k rosyne
1 k sonneblomsaad
2 e sesamsaad
½ k klapper
1 t koeksoda
2 e melk

Metode:

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Sif die droë bestanddele saam, behalwe die koeksoda, rosyne, sade en klapper.

Sny die botter in blokkies en vryf dit in die mengsel totdat dit soos broodkrummels lyk.

Meng die eiers, olie en karringmelk en voeg by die mengsel.

Meng die rosyne, sade en klapper en voeg by.

Meng die koeksoda en melk en voeg by.

Skep in gesmeerde beskuitpanne en bak vir 1½ uur.

Laat dit afkoel.

Sny in beskuitvingers en pak dit op groot plat panne.

Droog die beskuit teen 100˚C vir 6 tot 8 ure of oornag uit.