Wednesday 21 June 2017

Eddie se Speklekker Patats



Eddie se Speklekker Patats
Bestanddele
1 kg patats, ongeskil in sirkels gesny...
1 medium tot groot ui, opgekap
1 pakkie 1,25 g spek, gesnipper
1,25 ml room
250 g wit sampioene

1 groenrissie, opgekap
½ teelepel basiliekruit
½ koppie Cheddarkaas
sout en peper

Metode
Pak 'n laag uie onder in die oondbak, gevolg deur 'n laag groenrissie en 'n laag sampioene.
Pak volgende 'n laag patats wat liggies met sout, peper en basiliekruit besprinkel is.
Pak laastens 'n laag rou spek.
Gooi die room oor die gereg en strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak in die oond teen 180 grade vir ongeveer 20 minute.
(RSG)