Wednesday 14 June 2017

Hemelse Koejawel-poeding



Hemelse Koejawel-poeding
4 eetlepels botter
1 koppie suiker...
¼ koppie melk
3 groot eiers
1½ koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier

knippie sout
1 blik koejawels, druk vruggies net liggies plat (sap gedreineer, hou eenkant) (groot blik)

Room die botter en suiker saam tot lig.
Roer die eiers een vir een by die mengsel.
Sif meel, bakpoeier en sout by en meng
Voeg melk by en meng deeglik
Gooi in 'n gesmeerde oondbak.
Skep koejawels bo-oor en druk liggies in die deeg.

Voorberhit oond by 180C en bak vir 25 - 30 minute

Maak sous terwyl die poeding bak
½ koppie botter
½ koppie suiker
Sap van die blikkie koejawels
1 blikkie ideal melk

Gooi alles in 'n pot en maak warm, roer tot suiker opgelos het.

Sodra die tert uit die oonde kom, gooi die warm sous bo-oor

Laat staan vir 30 minute dat die sous kan intrek en bedien saam met styfgeklopte room, vlae of roomys.