Wednesday 14 June 2017

DRIE IN EEN PLAATKOEKIES



DRIE IN EEN PLAATKOEKIES
BASIESE BESLAG RESEP
2 Koppies (500 ml) bruismeel
3 Eiers, geklits...
1¼ Koppies (275 ml) karringmelk
Sout en vars gemaalde peper
Olie vir panbraai

VARIASIE 1 – TUNA EN PITMIELIES
1 Blik (170 g) tuna, gedreineer
1 Blik (410 g) pitmielies, gedreineer
2 Stingeluie, fyn gekap
VARIASIE 2 – SPINASIE EN SPEK
2 Koppies (500 ml) fyn gekapte spinasie
125 g Spek, gebraai en fyn gekap
VARIASIE 3 – BOTTERSKORSIE EN FETA
2 Koppies (500 ml) gerasperde botterskorsie (butternut)
2 wiele (200 g) fetakaas, gekrummel
’n Knippie komyn
BASIESE BESLAG: Meng die basiese bestanddele vir die plaatkoekies goed tot 'n beslag. Besluit op die variasie wat jy gaan maak.
Roer die variasiebestanddele deur die beslag en geur met die sout en peper. Laat staan sowat 10 minute.
Verhit ’n bietjie olie en braai lepels vol van die mengsel oor matige hitte tot gaar en goudbruin aan albei kante.
Lewer ongeveer 32 plaatkoekies
BRON: Huisgenoot deur Carmen Niehaus