Wednesday 14 June 2017

Eenpan Ontbyt Skywe



Eenpan Ontbyt Skywe
Botter
1 pakkie spek...
1 pakkie sampioene
6 ontbyt worsies (ontdooi)
dosyn eiers - liggies geklits met 'n knippie sout
Cheddar kaas

Mozzarella kaas
Rooipeper (na smaak)
Voorverhit oond op 180C
In 'n pan met 'n deksel wat in die oond kan gaan, braai die sampioene, spek en ontbyt worsies in genoeg botter tot bruin. Giet die geklitste eiers eweredig oor die braaimengsel. Sit die deksel op en stel die hitte op laag, bak die eiers tot amper gestol. Strooi die gerasperde kaas bo-oor met 'n bietjie rooipeper bo-op. Sodrag die kaas smelt, plaas in 'n voorverhitte oond en bak vinnig tot net mooi gestol en bruin. Laat effens afkoel en sny in blokke en bedien dadelik met roosterbrood.