Wednesday 28 June 2017

GROENBOONTJIE BREDIE



GROENBOONTJIE BREDIE
1½ kg stowe lamsvleis
1 groot ui
2 knoffelhuisies, fyngestamp
1 kg groenboontjies, fyngekerf...
½ t fynkaneel
1 t fyn sout
½ t varsgemaalde swartpeper

4 medium grootte aartappels, in kwarte gesny
½ k louwarm water
METODE:
Smoor die stowe lamsvleis in kookolie met ‘n gekapte ui en knoffel.
Kerf die boontjies fyn, kook dit vir ‘n paar minute in water, dreineer en voeg dit by die vleis.
Strooi dan die kaneel, sout en peper oor.
Jy kan ook koljander, kruinaeltjies en neutmuskaat byvoeg.
Sit die aartappels bo-op, giet louwarm water oor en laat prut tot gaar.
Opdiening: Die bredie word op rys bedien.