Wednesday 28 June 2017

SJOKOLADE MUFFINS



SJOKOLADE MUFFINS
(6 groot of 12 klein muffins)
500 ml koekmeel
160 ml kakao
125 ml suiker...
10 ml bakpoeier
knippie sout
250 ml sjokoladestukkies
330 ml melk
80 ml sonneblomolie
2 groot eiers
5 ml vanieljegeursel
METODE:
Voorverhit jou oond tot 200 °C. Voer jou muffin-pan uit met papierhouers.
Spuit die papierhouers met
Spray&Cook. Sif die meel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Voeg die suiker by en
meng goed deur. Vou die helfte van die sjokolade-stukkies in die meelmengsel. Klits die melk, olie,
eiers en vanieljegeursel saam. Vou dit in die meelmengsel. Moenie die mengsel te veel roer nie. Verdeel die deeg in jou muffinpan en strooi die res van die sjokolade-stukkies bo-op.
Bak vir 20-24 minute tot gaar. Toets met ’n tandestokkie. Haal uit die oond en sit warm voor.