Wednesday 21 June 2017

Familie-Ontbyt



Familie-Ontbyt
Bestanddele
...
6 aartappels, geskil en in blokkies gesny.
2 e olie
1 pakkie spek, in blokkies gesny
1 blikkie (±400 g) sampioensop
1 houer (250 ml) suurroom
3 sprietuie, fyn gesny
6 grasuie, fyn gesnipper
1 ½ k cheddarkaas, gerasper
½ k parmesaankaas, gerasper
Metode
Voorverhit die oond tot 200°C.
Bedek die aartappelblokkies in ‘n kastrol met water en kook vir 10 - 12 minute tot net gaar.
Dreineer en laat effens afkoel.
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die spek tot bros.
Laat afkoel.
Voeg die aartappels en die spek in ‘n mengbak met die res van die bestanddele en geur goed met sout en swartpeper.
Giet in ‘n oondvaste houer en bak vir 15- 20 minute tot goudbruin en gaar.