Friday 9 June 2017

Eier gebak in gebraaide brood



Eier gebak in gebraaide brood
1 porsie
• 1 sny witbrood
• 30 ml botter
• 1 medium-groot eier

• sout na smaak

STAP 1: Kies ’n uitdrukker en druk die vorm uit die middel van die sny brood. Hou die brood-vormpie.

STAP 2: Smelt botter oor lae hitte in ’n pan. Plaas broodsny en -vormpie in die pan en braai tot bros aan die een kant. Draai om met ’n eierspaan.

STAP 3: Breek eier versigtig in die gat. Plaas ’n deksel bo-op en bak tot gaar. Lig versigtig uit die pan en geur met sout. Sit voor met die uitgesnyde stukkie brood.