Wednesday 21 June 2017

Die-slegs-vier-bestanddele-nagereg



Die-slegs-vier-bestanddele-nagereg
Bestanddele
2 pakkies aarbeijellie...
2 koppies warm water
1 liter boksvla
sponskoek óf vingerbeskuitjies

500 ml aarbeijoghurt
Metode
Los die twee pakkies aarbeijellie op in 2 koppies warm water.
Plaas dit in die yskas om af te koel, maar nie te stol nie.
Meng die aarbeijellie, boksvla en aarbeijoghurt saam.
Pak lae van die vingerbeskuitjies/koek afgewissel met die vla-mengsel.
Plaas in die yskas vir 2 ure om goed te stol.
Haal uit en garneer met room, sprinkels of ander versiersels.