Thursday 22 June 2017

Boerewors Breyani



Boerewors Breyani:
1-2 kg boerewors, in stukke van sowat 3-5 cm gesny
825 g-blik perskeskywe, gedreineer
sout en peper na smaak
2 k rys...
½ k bruin lensies
3 groot uie, in ringe gesny
1 groot groen soetrissie, ontpit en gekap
olyfolie
4 e (opgehoop) kerriepoeier (matig of warm)
1 t borrie
1½ k Mrs Ball’s-blatjang
1 k water

Sit die boerewors in ’n oondvaste bak en gooi die perskeskwye bo-oor.
Geur na smaak met sout en peper en gooi dan die rys en lensies oor die wors en perskes.

Braai die uie in ’n bietjie olyfolie tot goudbruin. Roer die soetrissie by.
Voeg die kerriepoeier, borrie, blatjang en water by. Meng goed, verwyder van die hitte en gooi oor die boerewors-mengsel. Maak seker die rys en lensies is bedek met die vloeistof (indien nie, voeg nog water by).

Bedek die bak met foelie en bak vir 45 min. teen 180 °C totdat die boerewors, rys en lensies gaar is. Al die vloeistof moet geabsorbeer wees (indien nie, sit die bak terug in die oond en bak onbedek vir nog 15 min.).
Sit die breyani voor met sambals.