Thursday 11 May 2017

Vars vrugte met grondboontjiebotter-doopsous



Vars vrugte met grondboontjiebotter-doopsous
Resep van Cooking from the heart 2
Lewer 4 porsies (170 ml)
...
3 e (45 ml) grondboontjiebotter
½ k (125 ml) ongegeurde lae-vet jogurt
4 appels, pere of ander seisoensvrugte, in wiggies of repies gesny
1. Skep die grondboontjiebotter in ’n mengbak en roer tot dit bietjie sagter en gladder is. Roer die jogurt by tot ’n gladde mengsel.
2. Sit doopsous met vrugtewiggies voor.
Wenke
1. Gebruik enige stewige groenterepies as afwisseling saam met die doopsous. Seldery en wortels sal goed werk.
2. Voeg ’n knippie gemaalde kaneel of ’n druppel vanieljegeursel by die doopsous vir ’n lekker verandering.