Thursday 11 May 2017

Pan-ontbyt met ‘n bietjie byt



Pan-ontbyt met ‘n bietjie byt
Resep uit Cooking from the heart 2
Lewer 6 porsies
...
5 t (25 ml) olyf- of avokado-olie
2 uie, gehalveer en in dun skyfies gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 e (15 ml) fyngerasperde vars gemmer
1 wortel, gerasper
1 murgpampoentjie, gerasper
1 t (5 ml) gemaalde komyn
1 t (5 ml) gemaalde koljander
1 t (5 ml) paprika of ‘n knippie rooipeper
1 brandrissie, ontpit en gekap (opsioneel)
1 x 410 g-blik gekapte tamaties of vyf vars, ryp tamaties, geskil en in blokkies gesny
½ t (2,5 ml) sout
suurlemoensap en swartpeper na smaak
6 eiers
3 e (45 ml) gekapte vars koljander of pietersielie
1. Verhit helfte van die olie oor matige hitte in ‘n groot braaipan. Soteer uie, knoffel en gemmer tot sag. Voeg wortel en murgpampoentjie by en soteer vir ‘n minute.
2. Roer speserye en brandrissie by en soteer tot aromaties. Voeg tamaties by en prut vir 5 minute. Geur met sous, suurlemoensap en peper.
3. Maak 6 openinge in die sous en verdeel die res van die olie tussen die opening.
4. Kraak ‘n eier in elke opening en prut met ‘n deksel vir 4-5 minute of tot die eiergele so gaar is as wat jy dit verkies. Sprinkel kruie oor en sit met avokado-skyfies voor.
Wenke
1. Ander groente soos eiervrug of sampioene kan met die uie gebraai word.
2. Voeg 1 blik bone by die sous vir ‘n meer vullende ete.
3. Laat die eiers uit en verhit 1-2 blikkies Portugese sardyne of sardientjies in tamatiesous in hierdie geurige sous.