Thursday 11 May 2017

Maklike mielie-en-kaas-brood met net 3 bestanddele



Maklike mielie-en-kaas-brood met net 3 bestanddele
genoeg vir 1 brood

• 1 x 500 g-sakkie winkeldeeg
• koekmeel vir uitrol...
• 200 g beleë cheddar, gerasper
• 1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer

Stap 1
Verhit jou oond tot 180 °C. Sprinkel koekmeel oor jou werkvlak. Rol die deeg tot sowat 5 mm dik uit.

Stap 2
Sprinkel die mielies in ’n eweredige laag oor die uitgerolde deeg.

Stap 3
Sprinkel die kaas oor die mielies.

Stap 4
Rol die deeg stewig op in ’n worsvorm.

Stap 5
Gebruik ’n skerp mes en sny die deegwors in skywe van sowat 2 cm breed.

Stap 6
Spuit ’n 30 cm-losboompan deeglik met kleefwerende kossproei en pak die deegwiele daarin.

Stap 7
Laat die deeg vir 15 minute rys op ’n warm plek. Bak vir 25 – 30 minute tot goudbruin en bros. Laat afkoel en keer uit. Sit voor met lekker botter!