Tuesday 16 May 2017

Mikrogolf Sago Poeding



Mikrogolf Sago Poeding
Bestanddele
2 koppies melk...
½ koppie sago (hoef nie vooraf te week nie)
1 - 2 eetlepels botter
2 geskeide eiers
⅓ - ½ koppie suiker
2 ml vanieljegeursel
‘n knypie sout

appelkooskonfyt
kaneel
Metode
Voeg die melk, sago en botter in ‘n bak.
Mikrogolf onbedek vir 10 minute teen 100% krag.
Roer gereeld.
Mikrogolf vir 5 min teen 50% krag.
Roer dit elke 2 minute.
Klits die eiergeel en voeg dit by die suiker, vanieljegeursel en sout.
Voeg die eiermengsel by die warm sago-mengsel en meng vinnig.
Mikrogolf vir 2 minute teen 100%.
Vou die styfgeklopte eierwitte in die warm mengsel in.
Skep die mengsel in 'n glasbak en plaas hier en daar appelkooskonfyt bo-op.
Strooi kaneel oor.
Mikrogolf onbedek vir 2 - 3 minute teen 70% krag.