Tuesday 16 May 2017

Magda se lui-huisvrou-macaroni



Magda se lui-huisvrou-macaroni
Bestanddele
1 kooksel macaroni (ongeveer 2 koppies, afhangend van getal mense)...
1 kooksel groente (blikkiesgroente of oorskietgroente)
2 eiers
kaas, na smaak

Metode
Metode 1 - Op die stoof
Voeg die mengsel van gaar macaroni en groente in 'n groot pan.
Klits die eiers, en voeg dit bo-oor.
Braai vir ongeveer 5 minute tot eier gaar is.
Smelt die kaas bo-oor.
Metode 2 - In die oond
Voeg die mengsel van gaar macaroni en groente in 'n groot oondbak.
Klits die eiers, en smeer dit bo-oor.
Bak teen 180 grade.
Sodra die eier hard is met 'n bruin kleur, is dit gaar.
Smelt kaas bo-oor.