Tuesday 16 May 2017

Pynappelsmaaklikheid (Relish)



Estie Badenhorst se Pynappelsmaaklikheid (Relish)
Bestanddele
2 geskilde Queen-pynappels in blokkies gesny...
2 fyngekapte uie
375 ml suiker
375 ml water

5 ml sout
10 ml kerriepoeier
3 ml mostertpoeier
125 ml druiweasyn
15 – 20 ml mielieblom
Metode
Kook al die bestanddele (behalwe die mielieblom) in ‘n oop kastrol vir ongeveer 20 – 30 minute.
Roer gereeld.
Meng mielieblom met ‘n bietjie koue water en voeg by wanneer pynappel sag gekook is.
Kook die mengsel weer vir ongeveer 2 minute terwyl jy dit aanhoudend roer.
Gooi in gesteriliseerde flesse en verseël terwyl warm.