Thursday, 11 May 2017

Sjokolade-Coca-Cola-koek



Sjokolade-Coca-Cola-koek
1 koek
500 ml (2 k) koekmeel
90 ml (6 e) kakao...
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
2 ekstragroot eiers

250 ml (1 k) strooisuiker
250 ml (1 k) suurroom
250 ml (1 k) Coca-Cola
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
VERSIERSEL
60 ml (4 e) botter
20 ml (4 t) kakao
75 ml (5 e) Coca-Cola
625 ml (2½ k) versiersuiker, gesif
45 ml (3 e) pekanneute, grofgekap
1 Sif koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam.
2 Klits eiers en strooisuiker saam tot liggeel, ongeveer 4 minute.
3 Meng suurroom, Coca-Cola en vanieljegeursel by.
4 Skep beslag in ronde, tuitvormige koekpan van 26 cm in deursnee wat goed met kossproei gespuit is.
5 Bak vir 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
6 Versiersel Smelt botter en kakao saam in kastrol oor lae hitte. Roer gedurig sodat mengsel glad is.
7 Roer Coca-Cola by tot gemeng. Voeg versiersuiker bietjies op ’n slag by en roer tot glad. Voeg nog gesifte versiersuiker by indien versiersel te pap is. Dit moet drupbaar wees, maar nie vloei nie.
8 Skep versiersel bo-oor koek en sprinkel pekanneute bo-oor.

No comments:

Post a Comment