Thursday 11 May 2017

Hoenderkaaskoek



Hoenderkaaskoek

Bestanddele

Kors...
1 pakkie Cream Crackers, fyngemaak
botter, gesmelt
kruie van jou keuse, opgekap

Vulsel
6 hoenderborsies
hoenderaftreksel
1 ui, fyngekap
30 ml koekmeel
2 teelepels mosterd
knippie rooipeper
1½ koppie gerasperde kaas
1½ bakkie krummelmaaskaas
3 eiers, geskei

Sous
sampioene, fyn gesny
botter
1 koppie room
1 koppie gerasperde kaas

Metode

Kors
Meng al die bestanddele, en druk dit vas in 'n 26 cm losboompan.
Bêre in die yskas.

Vulsel
Kook die hoenderborsies in die hoenderaftreksel tot sag, en sny in fyn stukkies.
Maak 'n witsous met die ui, koekmeel, 200 ml van die aftreksel waarin jy die hoender in gekook het, mosterd en rooipeper.
Voeg die hoender, kaas en maaskaas by die witsous.
Roer die eiergele by die mengsel in. (Maak seker die hoender is nie te warm nie)
Klits die eierwitte styf en vou by die hoendermengsel in.
Voeg dit in die kors, en bak vir 35 minute teen 180 grade.

Sous
Braia die sampioene in die botter, en voeg die room en kaas by.
Gooi die sous oor die kaaskoek.