Thursday 11 May 2017

Kekerertjie-en-fetaslaai



Kekerertjie-en-fetaslaai
Genoeg vir: 8 (as bygereg)
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 5 minute
•2x 410g-blikke kekerertjies...
•250ml olyfolie (of gebruik helfte olyfolie, helfte sonneblomolie)
•2 rooi uie, gekap
•4 vet knoffelhuisies, fyn gekap
•2 rooi brandrissies, ontpit en fyn gekap
•3 wiele fetakaas, grof gekrummel
•2 bossies sprietuie
•250ml vars koljanderblare
•250ml Italiaanse pietersielie, gekap
•sap van 1-2 suurlemoene
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

1Dreineer die kekerertjies, spoel goed af, dreineer weer en gooi dit in ’n mengbak. Probeer soveel as moontlik van die los skilletjies verwyder.
2Verhit 80ml van die olyfolie en soteer die uie tot sag. Gooi die knoffel en brandrissie by en roerbraai dit vir ’n minuut of twee. Laat heeltemal afkoel.
3Gooi die fetakaas, sprietuie, koljander en pietersielie by die kekerertjies en geur met sout en swartpeper (onthou, die fetakaas is reeds soutig). Gooi die uie, suurlemoensap en orige olyfolie by en meng deeglik. Sit die slaai teen kamertemperatuur voor.