Thursday 11 May 2017

Herman se sjokoladekoek met ganache



Herman se sjokoladekoek met ganache

KOEK
• 600 g (710 ml) suiker
• 70 g (175 ml) kakaopoeier...
• 195 g (210 ml) botter
• 410 ml water
• 420 g (750 ml) koekmeel
• 10 ml koeksoda
• 10 ml bakpoeier
• 3 eiers
• 190 ml karringmelk

GANACHE
• 650 g sjokolade van hoë gehalte, fyngekap
• 500 ml room

Metode

• Verhit oond tot 160 °C.
• Plaas suiker, kakao, botter en water in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Sit eenkant en laat afkoel.
• Sif meel, koeksoda en bakpoeier saam.
• Meng eiers en karringmelk.
• Voeg botter- en karringmelkmengsel by droë bestanddele en meng goed.
• Spuit ringkoekpan met volume van 2 liter met kleefwerende kossproei.
• Gooi beslag in pan en bak vir 40–45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
• Laat afkoel vir 10 minute en keer uit op afkoelrak.

Ganache stap vir stap

1. Plaas fyngekapte sjokolade in skoon mengbak. Bring room tot kookpunt en gooi oor sjokolade. Roer met ’n rubber-deegskraper tot gladde mengsel.

2. Plaas afgekoelde koek op afkoelrak wat op ’n bakplaat staan. Gooi sjokolademengsel in een vinnige beweging oor die koek. Maak seker die hele koek is bedek. Skraap sjokolade wat in bakplaat lê op en herhaal proses nog twee keer.

Sit voor

Sodra die ganache gestol het, lig die koek versigtig met ’n slaplemmes van die rakkie af op en plaas op ’n opdienbord. Rol vars kersies in versiersuiker en sit bo-op. Sit voor.

Wenk: Jy kan die sjokoladekoek tot 2 maande vries omdat daar baie vog in is. Bedek met ganache en laat stol. Bêre dan in ’n lugdigte houer in jou vrieskas. Ontdooi dit oornag.