Thursday 11 May 2017

Eier-en-sousboontjie-broodjie



Eier-en-sousboontjie-broodjie
– genoeg vir 2
...
Ons het ’n kampeer-roosterbroodpannetjie gebruik, maar jy kan ’n outydse jafelpan gebruik of snackwich

• 4 snye witbrood (of volgraanbrood vir ’n gesonder weergawe)
• margarien om die brood te smeer
• 60 ml (¼ k) sousboontjies
• 2 klein eiertjies

1 Verhit die pannetjie op ’n stoofplaat.
2 Smeer die brood met margarien. Sit eers die onderste sny in die pannetjie met die margarienkant na onder.
3 Skep twee lepels vol sousboontjies in die middel van die brood en versprei dit oor die hele sny. Maak ’n holtetjie in die boontjies en breek ’n eier versigtig daarin.
4 Sit die ander sny brood bo-op met die margarienkant na bo.
5 Bak vir 8-9 min. of totdat die eier gaar, maar steeds sag is.

Nog idees
* Voeg ’n repie bros gebraaide spek by.
* Gebruik oorskiethoender of lappies toebroodjieham saam met skyfies tamatie en kaas. Onthou, tamatie word baie warm en kan klein mondjies brand.