Thursday 11 May 2017

Hekel ’n windmeul-laslapdeken



Hekel ’n windmeul-laslapdeken (Tuis)
Benodigdhede
•Hekelpen: 4,5 mm
•Hekeldraad: 100 g-bolle (200 m)
•Rowan-kamstof van suiwer wol, 16 in skakering 101/Ivoor (A), twee elk in skakerings 112/Maansteen (B), 132/Botterblom (C) en 137/Suurstof (D), en een elk in skakerings 113/Pastelpienk (E), 119/Purperrooi (F), 131/Mosterd (G), 134/Seville (H), 135/Papaja (I), 140/Bottel (J), 144/Mallard (K) en 152/Hawermout (L)
•Steekhouers (klein haakspelde of oorskiethekeldraad sal ook werk)
•Wolnaald
•Skêr
Alternatiewe hekeldraad Enige standaard-DD (ligte kamstof) kan gebruik word, maar ek beveel baie sterk aan dat jy ’n toetslappie voor die tyd hekel en só jou spanning toets.
Spanning Elke driehoekblokkie behoort ’n 28 cm-vierkant te wees; 5 rdtes oumablokkie-motief gewerk in lb-ste = 10 cm
Voltooide grootte ± 200 cm lank x 144 cm breed
PATROON
Die driehoekblokkie-motief word in twee helftes gehekel: die eerste deel in een kleur, waar die werk aan die einde van elke rondte gedraai word; teenoor die tweede deel wat in veelvuldige kleure volgens die oumablokkie-ontwerp gehekel word deur elke rondte individueel in dieselfde rigting te werk. Dit word dan aan die eerste deel vasgehekel deur dit aan die begin en einde van elke rondte met ’n glipsteek en halflangbene te heg. Vir stap-vir-stap-instruksies wat baie duidelik die presiese posisie van die steke aandui, raadpleeg Tegnieke in Hekel vir My Huis.
Driehoekblokkie-motief – Eerste deel
Maak 35.
Basisring: gebruik A, k6, gs om ring te sluit
Rondte 1 (RK): k3 (tel as eerste lb), 2lb, k2, 3lb, k1, draai
Rondte 2: k3 (tel as eerste lb), lb in 4de k vanaf pen, lb in 2 kant-sps (tussen lb-ste van vor rdte), [2lb, k2, 2lb] in hoek-k-sp, lb in 2 kant-sps, bas-2lb vmeer in 3de van k3 van vor rdte, k1, draai
Rondte 3: k3 (tel as eerste lb), lb in 4de k vanaf pen, lb in 5 kantsps, [2lb, k2, 2lb] in hoek-k-sp, lb in 5 kant-sps, bas-2lb vmeer in 3de van k3 van vor rdte, k1, draai
Rondte 4: k3 (tel as eerste lb), lb in 4de k vanaf pen, lb in 8 kant-sps, [2lb, k2, 2lb] in hoek-k-sp, lb in 8 kant-sps, bas-2lb vmeer in 3de van k3 van vor rdte, k1, draai
Rondtes 5–15: rdtes 1–3 vorm die basiese metode vir die eenvoudige eenkleur-deel van die windmeulontwerp, her hierdie rdtes terwyl jy die aantal kant-ste met 3 in elke nuwe rdte vermeerder; aan einde van rdte 15 k2, glip die werklus op ’n steekhouer en laat ’n 15 cm-stertjie voordat jy draad knip
Driehoekblokkie-motief – Tweede deel
Maak 35.
Die kleurplasing in die tweede deel van elke driehoekblokkie-motief is lukraak. Kies na willekeur uit hekeldraad A–L. Hou egter een bol van A en ’n halwe bol van B eenkant vir vaswerk en ranafwerking.
Rondte 1: met RK na jou toe, heg hekeldraad in k-st aan einde van rdte 1 van eerste deel, k2, [3lb, k2, 3lb] in basisring van eerste deel, hlb in basis van bas-2lb vmeer van rdte 2 van eerste deel, k1, heg af
Rondte 2: met RK na jou toe, heg draad in basis van bas-2lb vmeer aan einde van rdte 3 van eerste deel, k2, 3lb-skulp in k-sp, [3lb, k2, 3lb] in hoek-k-sp, 3lb-skulp in k-sp, hlb in k-st aan einde van rdte 2 van eerste deel, k1, heg af
Rondte 3: met RK na jou toe, heg draad in k-st aan einde van rdte 3 van eerste deel, k2, 3lb-skulp in k-sp, 3lb-skulp in kant-sp, [3lb, k2, 3lb] in hoek-k-sp, 3lb-skulp in kant-sp, 3lb-skulp in k-sp, hlb in basis van bas-2lb vmeer van rdte 4 van eerste deel, k1, heg af
Rondte 4: met RK na jou toe, heg draad in basis van bas-2lb vmeer aan einde van rdte 5 van eerste deel, k2, 3lb-skulp in k-sp, 3lb-skulp in 2 kant-sps, [3lb, k2, 3lb] in hoek-k-sp, 3lb-skulp in 2 kant-sps, 3lb-skulp in k-sp, hlb in k-st aan einde van rdte 4 van eerste deel, k1, heg af
Rondtes 5–14: rdtes 3 en 4 vorm die basiese metode wat gevolg moet word vir die byvoeg van die oumablokkie-deel van die windmeulontwerp; gaan dus so voort en voeg ’n nuwe kleur by vir elke nuwe rdte; vermeerder die aantal 3lb-skulpe elke keer met 1 aan elke kant
Rondte 15: heg draad in eerste k-sp van vor rdte, k3 (tel as eerste lb), 2lb in dieselfde sp, 13 x 3lb-skulp, [3lb, k2, 3lb] in hoek-k-sp, 14 x 3lb-skulp, k2, heg onsigbaar af in 3de k van begin-k3 van rdte 15 van eerste deel

Voltooi driehoekblokkie-motief
Volgende: gebruik wolnaald, tel stertjie aan einde van eerste deel op en heg onsigbaar af in 3de k van begin-k3 van rdte 15 van tweede deel
Blok driehoekblokkie-motiewe
Stoomblok elke driehoekblokkie-motief tot ’n 28 cm-vierkant.
AFWERKING
Heg driehoekblokkie-motiewe
Rangskik die driehoekblokkie-motiewe RK na bo in ’n groot blok van 5 x 7 blokkies, soos gewys word in foto hiernaas, om ’n windmeulontwerp te vorm.
Gebruik A en werk die motiewe van die agterkant af vas met rye kb-ste eers horisontaal en dan vertikaal.
Hekel 1 kb in elke hoek-k-sp (k-sp en kant-st waar daar ’n kleurverandering in die hoek van die driehoekblokkie-motief is) en 1 kb bo-in elke kant-st. Wanneer jy die vertikale rye hekel, kan jy eenvoudig bo-oor die horisontale rye hekel wanneer jy daarby kom.
Randafwerking
Rondte 1: heg A in enige hoek-k-sp van kombers, k3 (tel as eerste lb), *lb bo-in elke st en k-sp van elke driehoekblokkie-motief langs kant van kombers af, 5lb in hoek-k-sp van kombers* her van * tot * tot by eerste hoek van kombers, 4lb in hoek-k-sp, heg onsigbaar af
Rondte 2: heg B in eerste st voor enige 5lb-hoek-ste van vor rdte, k1, kb in dieselfde sp, *[kb, 2kb vmeer in volg 3 ste, kb] oor volg 5 hoek-ste, kb in elke st tot volg hoek* her van * tot * tot aan einde, heg onsigbaar af
BLOK
Gebruik ’n parslap en stoomblok die nate en randafwerking sodat dit plat lê.
Hekel-vir-my-huis-COVER Uittreksel uit Hekel vir My Huis © 2015 by Emma Lamb, F&W Media International Ltd, Pynes Hill Court, Pynes Hill, Rydon Lane, Exeter, EX2 5AZ. Dit word in Suid-Afrika versprei deur Struik Lifestyle (’n drukkersmerk van Penguin Random House South Africa).