Tuesday 16 May 2017

Groentefrittata met kaas



Groentefrittata met kaas
Genoeg vir 4
Tyd: 25 minute
BESTANDDELE...
45 ml olyf- of avokado-olie
1 klein eiervrug, gekap
1 klein rooi-ui, fyngekap
4 jong murgpampoentjies, gekap

1 rooi soetrissie, gekap
2,5 ml droë roosmaryn
2,5 ml droë rissievlokkies
seesout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
8 groot eiers
60 ml melk
vars roketblare, vir opdiening
vars basiliekruid, vir opdiening
varsgerasperde Parmesaankaas, vir opdiening
METODE
1 Verhit die olie in ’n groot kleefvrye braaipan oor hoë hitte.
2 Voeg die eiervrug en uie by en braai tot goudkleurig, ongeveer 4-5 minute.
3 Voeg die murgpampoentjies, rooi soetrissie, droë roosmaryn en rissievlokkies by en braai nog 3 minute lank. Geur goed.
4 Meng die eiers en melk in ’n groot bak en voeg die gaar groente by die eiermengsel. Meng goed.
5 Giet nog ’n bietjie olie in die kleefvrye pan, voeg die eiermengsel by en plaas terug op die stoofplaat om nog 5 minute te kook. Plaas onder ’n warm rooster tot die gereg goudbruin is en borrel, ongeveer 3 minute.
6 Sit voor met ’n groot hoeveelheid vars roketblare, basiliekruid en gerasperde parmesaankaas.