Tuesday 16 May 2017

Donkersjokolade-en-litchi-muffins



Donkersjokolade-en-litchi-muffins
Genoeg vir 12 muffins
Tyd: 30 minute
BESTANDDELE...
240 g koekmeel, gesif
15 ml bakpoeier, gesif
5 ml sout

125 ml sonneblomolie
2 groot eiers
125 ml Griekse jogurt
125 ml litchi-sap
375 ml litchi-vleis
250 ml donkersjokoladesnippers
METODE
1. Stel die oond op 200 °C. Smeer ’n muffinpan met 12 holtes liggies.
2. Meng al die bestanddele in ’n mengbak tot net gemeng.
3. Maak elke holte tot bo vol met die mengsel. Bak tot goudkleurig, ongeveer 20-25 minute.
4. Haal die muffins uit die pan en laat afkoel.