Tuesday 16 May 2017

Goudkleurige herfs-frittata



Goudkleurige herfs-frittata
300ml hoenderaftreksel
500ml aartappels, geskil en in kwarte gesny...
45ml olyfolie
1 ui, fyngekap
3 selderystokkies, gekap

120g spinasie, afgespoel
6 groot eiers, liggies geklits
Sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak
100g parmesan, gerasper
Verhit die hoenderaftreksel in ‘n groot pan en kook die aartappels daarin tot die aftreksel amper heeltemal geabsorbeer en weggekook het.
Giet die olie by en voeg ook die uie en seldery by. Men liggies. Sit ‘n deksel op en kook tot die ui en seldery redelik sag is. Voeg die spinasie by en roer tot die blare verwelk het. Voorverhit nou die roosterelement.
Giet die eiers oor die bestanddele in die pan, geur met sout en swartpeper en sprinkel die parmesan oor. Kook tot die eiers amper gaar is.
Sit onder die rooster tot die frittata opgepof en die kaas goudkruin is. Sit dadelik voor vir ‘n vullende ontbyt of as ‘n ligte middagete.