Thursday 11 May 2017

Glutenvrye lemoen-en-amandelstroopkoek



Glutenvrye lemoen-en-amandelstroopkoek
Genoeg vir: 1 koek
Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: sowat 1 uur
Oondtemperatuur: 180°C...

• 2 heel lemoene, goed gewas
• 6 ekstragroot eiers
• 250 ml ligbruinsuiker
• 5 ml bakpoeier
• 250 g amandelmeel*

STROOP

• 250 ml suiker
• 1 lemoen se sap, uitgedruk

1. Sit die lemoene in ’n klein kastrol en bedek met water. Sit die deksel op, bring tot kookpunt en kook vir 2 uur tot sag. Vul die water aan indien nodig.

2. Sit die gekookte lemoen met skil en al in ’n voedselverwerker of maak glad met ’n staafmenger. Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig. Vou die bakpoeier, amandelmeel en lemoenpuree daarby in tot net gemeng. Skep die beslag in ’n voorbereide 23 cm-veerklamppan wat met bakpapier uitgevoer is en bak vir sowat 1 uur tot deurgaar. Gebruik ’n dun toetspen of kebabstokkie en prik die koek oraloor (dit help dat die stroop intrek).

3. Maak die stroop Sit die suiker, lemoensap en 200 ml kookwater in ’n potjie en roer tot al die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en kook vir 3 minute. Giet die stroop warm oor die koek in die pan en laat afkoel.

Het jy geweet? * Amandelmeel word gemaak van gepelde amandels en het ’n fyner tekstuur as gemaalde amandels, wat nog hier en daar ’n skilletjie by kan hê. Omdat amandelmeel so duur is, kan jy dit vervang met gemaalde amandels (of selfs heel amandels self maal). Indien jy gemaalde amandels gebruik, pols dit ’n paar keer in ’n voedselverwerker om te verseker dit is ekstrafyn.