Thursday 11 May 2017

Rolletjie Ontbyt



Rolletjie Ontbyt
Vir elke mens benodig jy:
•1 Hamburgerrolletjie
•1 Eier...
•’n Paar repies spek
•Botter, gesmelt

•’n Bietjie sout en peper

Metode:
•Voorverhit die oond tot 180°C.
•Sny ’n klein doppie aan die bokant van die hamburgerrolletjie af.
•Hol die rolletjie uit. Pasop dat jy hom nie te veel uithol en die kante te dun maak nie, anders kan die eier uitloop
•Voer die binnekant van die rolletjie uit met die spekrepies. Sorg dat jy al die randte met die spek bedek.
•Breek jou eier in en verf die rolletjie aan die buitekant met gesmelte botter.
• Gooi sout en peper bo-op na smaak.
•Plaas jou rolletjie op ’n bakplaat in die oond en bak totdat die broodjie bruin en krakerig is aan die buitekant en die eier gaar is