Thursday 11 May 2017

Blomkoolquiche sonder meel



Blomkoolquiche sonder meel
Vir 1 “broodjie” | Voorbereityd 30 minute | Baktyd 1 uur

Jy benodig
...
250 g spek, gekap
2 rooi-uie, in ringe gesny
4 eetlepels botter, sag
1 blomkool, grof gekap
5 eiers
½ koppie roomkaas
½ teelepel sout
¼ teelepel gemaalde swartpeper
2 teelepels tiemie
1½ koppie cheddarkaas, gerasper

So maak jy

1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ’n broodpan van 22 x 12 cm en voer dit ook met bakpapier uit.
2. Braai die spek. Braai die uie in die botter tot sag en droog – die meeste vog moet verdamp. Plaas die blomkool bedek in die mikrogolf op hoog vir 2 - 3 minute tot gaar maar ferm. (Jy kan dit ook stoom, maar moet dit nie in water kook nie.)
3. Klits die eiers, roomkaas, sout en peper goed saam in ’n groot bak. Roer die afgekoelde spek, uie, tiemie en cheddarkaas daardeur en vou dan ook versigtig die blomkool deur. Wees versigtig dat die blomkool nie breek nie. Gooi die mengsel in die voorbereide broodpan.
4. Bedek die pan met foelie en bak vir 30 minute. Verwyder die foelie en bak vir nog 20-30 minute of totdat ’n toetspen skoon uitkom. Laat staan dit vir tot 1 uur tot ferm voordat jy dit bedien.