Thursday, 11 May 2017

AMARULA APPELTERT



AMARULA APPELTERT

 BESTANDDELE:
1 kp suiker
3 E botter
3 eiers
1 knoppie sout
1 kp meel
75 ml melk
1 t Bakpoeier
1 X 410g Blik appels
SOUS:
3/4 k Suiker
3 E Botter
1 t Vanilla
1/3 kp Melk
1 kp room
2 E Amarula likeur

Klits suiker en botter saam.
Voeg eiers een vir een by en klits goed.
Sif meel, bakpoeier en sout by eiermengsel. Voeg melk by! Spuit bak met Spray 'n Cook. Skep deeg in bak en pak appels bo-op.
Bak poeding vir so 35min. Terwyl poeding bak, Maak die sous! Voeg al die bestanddele bymekaar in 'n pot en kook dan sous vir so
5-10 min! Gooi sous oor as poeding uit die oond kom! GENIET met vars room!

No comments:

Post a Comment