Thursday 11 May 2017

PIENK YSTERVARKIES



PIENK YSTERVARKIES

ongeveer 36 blokkies...

KOEK:
250 g (½ blok) botter
500 ml (2 k) strooisuiker
4 eiers
125 ml (½ k) volroommelk

5 ml (1 t) vanieljegeursel
750 ml (3 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout

PIENK STROOP:
80 g (1 pakkie) framboosjellie
400 ml (2 k) kookwater

AFRONDING:
500 ml (2 k) fyn, droë klapper

METODE:
Stel oond op 180 °C.

KOEK:
Room botter en strooisuiker saam tot liggeel en donserig.
Voeg eiers by en klits tot goed gemeng.
Roer melk en vanielje by.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer meelmengsel by bottermengsel.
Skep deeg in oondpan van ongeveer 22 cm x 34 cm wat met bakpapier uitgevoer en met kossproei gespuit is. Bak vir 27 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Laat koek effens afkoel en keer op afkoelrakkie uit tot heeltemal afgekoel.
Sny kante van koek af en sny koek in blokkies van 3,5 cm x 3,5 cm. Sny bokant gelyk sodat dit vierkantig is.

PIENK STROOP:
Maak jelliepoeier met kookwater aan tot opgelos.
Laat jellie vir 40 minute in yskas afkoel. Jellie moet goed afgekoel wees, maar nie gestol nie – dit moet soos dun vla wees.

AFRONDING:
Gooi klapper in bakkie of bord.
Doop koekblokkies in jelliemengsel en rol dan in klapper tot goed bedek.
Hou in lugdigte houer in yskas en haal een uur voor opdiening uit om kamertemperatuur te bereik.