Friday 7 April 2017

Sanja Steyn se gevulde patats



Sanja Steyn se gevulde patats
Bestanddele
6 patats, met skil aan en in helfte deurgesny
1 ui, opgekap
8 sampioene, opgekap
½ blik kekerertjies
botter
sout en peper
gerasperde kaas
½ soetrissie, opgekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
Metode
Prik die patats en mikrogolf vir sowat 4 minute.
Laat dit effens afkoel, en maak holtes waarin die vulsel moet kom.
Braai die kekerertjies in botter of olie tot dit gaar is.
Voeg die soetrissie en knoffel by en braai tot gaar.
Meng die uitgeskepte patat by.
Vul die holtes met die groentemengsel.
Sprinkel die kaas oor en bak in teen 80 grade) vir 15 tot 20 minute.
Maalvleis kan ook bygevoeg word.
(RSG)