Friday 7 April 2017

Pampoen-en-lensiebobotie



Pampoen-en-lensiebobotie
Genoeg vir: 4 porsies
Bereidingstyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 30-40 minute...

• 15 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 10 ml kerriepoeier
• 750 g pampoen, in klein blokkies gesny
• 75 ml water
• 50 ml bruinsuiker
• 50 ml tamatiepasta
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 500 ml gaar bruin lensies (jy kan twee blikke lensies gebruik)
• 400 ml melk (of gebruik die helfte melk en helfte room)
• 2 eiers, geklits

1. Voorverhit die oond. Smeer ’n vuurvaste oondbak. Verhit die olie in ’n kastrol en soteer die ui tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai dit nog ’n minuut. Voeg die pampoen en die water by en bring tot kookpunt. Sit die deksel op en laat prut totdat die pampoen gaar is en die water verdamp het. Voeg die bruinsuiker en tamatiepasta by, en geur met sout en swartpeper.

2. Rangskik nou lae pampoen en lensies in die gesmeerde vuurvaste bak. Klits die melk (of helfte melk en room) en die eiers saam en giet dit bo-oor. Bak dit sowat 30-40 minute of totdat die eierlaag gestol het en die bobotie goudbruin is. Sit voor met jasmynrys, poppadums en sambals.