Friday, 7 April 2017

Frittata met hoender, feta en geroosterde botterskorsie



Frittata met hoender, feta en geroosterde botterskorsie
Genoeg vir: 12
Bereidingstyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 15-20 minute vir frittata...
•500 g botterskorsie, geskil, in klein blokkies gesny
•30 ml olyfolie
•sout en varsgemaalde swartpeper
•6 eiers
•250 ml room
•80 ml parmesaankaas, gerasper
•400 g gaar hoenderborsfilette (of gebruik enige oorskiethoender), gevlok
•200 g fetakaas, gekrummel
1Voorverhit die oond. Plaas die botterskorsie, olyfolie en sout en swartpeper in ‘n mengbak en meng deur tot oraloor bedek. Sprei die botterskorsie uit op ‘n bakplaat en oondrooster vir sowat 15 minute of tot goudbruin en gaar.
2Klits die eiers, room, parmesaankaas en sout en swartpeper na smaak saam.
3Smeer ‘n muffinpan en plaas die botterskorsieblokkies, hoender en fetakaas in die holtes van die muffinpan. Giet die eiermengsel oor en bak vir sowat 15-20 minute of tot goudbruin en gestol.

No comments:

Post a Comment