Friday 7 April 2017

Reuse-onbytmuffins



Reuse-onbytmuffins
Maak 6
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 ºC...

• 30 ml olie
• 1 ui, fyngekap
• 8 repe spek, gekap
• 1 middelslag-aartappel, gewas
• 600 ml koekmeel
• 5 ml koeksoda
• 250 ml gerasperde kaas
• 250 ml ongegeurde jogurt
• 50 ml olie
• 2 eiers

1. Braai die ui in die olie tot sag en glansend. Voeg die spek by en braai nog ’n minuut. Rasper die aartappel grof en roer dit deur die uiemengsel. Verwyder dit van die hitte, geur met sout en peper en laat dit effens afkoel.

2. Sif die koekmeel en koeksoda saam met 2 ml sout en 2 ml suiker. Roer nou die uiemengsel en die kaas goed deur die droë bestanddele. Klits die res van die bestanddele saam en roer dit by die meelmengsel tot net gemeng. Skep die deegmengsel in ’n gesmeerde reusemuffinpan met ses holtes en bak 30-40 minute. Sit warm voor saam met bottersterretjies en oondgeroosterde tamaties.