Friday 7 April 2017

Hekel dié baie gewilde chevron-kombers



Hekel dié baie gewilde chevron-kombers

Gebruik enige dikte breidraad. Lees net op verpakkingsmateriaal watter dikte hekelnaald jy moet gebruik. Met DK-breidraad is een herhaling sowat 8 cm.

Afkortings

gpe – groepe
gs – glipsteek
herh – herhaal
ks – kettingsteke
ks-sp – kettingsteekspasie
lb – langbeen
vlg – volgende

Aanwysings

Maak ʼn ry kettingsteke in veelvoud van 12 plus 9 so breed as wat jy jou kombers wil hê.
1ste ry: 2 ks, 1 lb in 3de ks van naald af en in elke ks tot einde.  (Maak seker dis veelvoud van 12 plus 9 lb.)
2de ry: 2 ks (tel as lb), 2 lb in 1ste lb, *slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 3 lb oor, 3 lb in vlg lb, herh van * tot laaste 8 lb,  slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in laaste lb.
3de ry: gs tot tussen 1ste lb-groepe, 2 ks, 2 lb in dies sp, 3 lb tussen vlg lb-gpe, *(3 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 ks-sp, (3 lb tussen vlg lb-gpe) 2 keer, slaan 2 lb-gpe oor, (3 lb tussen vlg lb-gpe) 2 keer, herh van * en eindig met (3 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 ks-sp, (3 lb tussen vlg lb-gpe) 2 keer.
Herh 3 de ry en wissel kleure af soos verkies tot lengte verlang.


(Vrouekeur)