Friday 7 April 2017

PAASEIER-KOEKIES



BASIESE KOEKIEDEEG

Lewer sowat 24 koekies, afhangend van die grootte
Bereidingstyd: 30 minute, plus rustyd
Baktyd: 10–15 minute per plaat...
Oondtemperatuur: 180 °C

• 250 g botter, sag
• 130 g (250 ml) Huletts Icing Sugar, gesif
• 1 eier, geskei
• 2 ml vanieljegeursel
• 375 g (670 ml) koekmeel, gesif

1. Klits die botter en versiersuiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiergeel en vanieljegeursel by en meng goed. Voeg die meel by en meng tot ’n sagte, kniebare deeg. As die mengsel te droog voel, meng die eierwit bietjie vir bietjie by tot dit die regte tekstuur het. Vorm dit in ’n plat sirkel, bedek met kleefplastiek en laat rus vir 10 minute in die yskas.

2. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en druk vorms van jou keuse uit. Sit die koekies op gesmeerde bakplate en bak in ’n voorverhitte oond vir sowat 10–15 minute tot effens verkleur. Laat die koekies op ’n draadrak afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

PAASEIER-KOEKIES

• 12 eiervormige vanieljekoekies
• 12 eiervormige vanieljekoekies met gate

SJOKOLADE-BOTTERVERSIERSEL

• 150 g botter, sag
• 375 ml Huletts Chocolate Flavoured Icing Sugar, gesif

1. Klop die botter tot lig en romerig terwyl jy die sjokoladegeur-versiersuiker bietjie vir bietjie byvoeg.

2. Smeer die versiersel op die soliede koekies en plak ’n koekie met ’n gat op elkeen. Gebruik oorskiet-versiersel van die hasie-koekies (sien onder) om verder te versier.