Friday 24 March 2017

Vinnige muesli-stafies



Vinnige muesli-stafies
Jy benodig
• kleefwerende sproei
• 1 blik (410 g) kondensmelk
• 4 koppies gerolde hawermout...
• 2 koppies fyn klapper
• 1 koppie rou amandels
• 1 koppie rou pampoensade
• 1 koppie gemengde
• sonneblom-, vlas- en sesamsaad
• ½ koppie droë bosbessies (cranberries)

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Spuit ’n 20 x 30 cm-oondpan met kleefwerende sproei.

2. Verhit die kondensmelk in ’n groot kastrol totdat dit warm is en verwyder dit van die hitte net voordat die melk begin kook.

3. Meng al die droë bestanddele saam en roer dit dan deeglik by die warm kondensmelk in.

4. Skep die mengel in die oondpan uit en druk dit plat en gelyk.

5. Bak dit vir 30-35 minute, laat dit vir 5 minute afkoel en sny dit dan dadelik met ’n skerp mes in stafies. Laat dit verder in die pan afkoel voordat jy die stafies uitlig en in ’n houer pak wat dig seël. Jy hoef dit nie in die yskas te bêre nie.

WENK: Vervang enige van die neute of sade met dieselfde hoeveelheid van ’n ander soort neut of saad waarvan jy hou. Jy kan ook pitlose rosyne pleks van bosbessies gebruik.