Friday 24 March 2017

Dadelstafies



Dadelstafies
Vir die kors
150 g botter
¼ koppie ligbruinsuiker
1 eier...
2½ koppies witmeel
¼ teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel elk fyn kaneel, gemmer en neutmuskaat

Vir die vulsel
¾ koppie botter
1 koppie suiker
4 eiers
¾ koppie witmeel
knippie sout
1 lemoen se gerasperde skil
2 ½ koppie dadels, gekap

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondpan van 22 cm x 33 cm.

2. Vir die kors: Verroom die botter en suiker en voeg die eier by. Sif die meel, sout, bakpoeier en speserye daarby en meng tot ’n deeg. Druk die mengsel in ’n bakplaat vas.

3. Vir die vulsel: Verroom die botter en suiker. Klits die eiers een vir een by terwyl die elektriese menger aangeskakel bly. Sif dan die meel en sout daaroor en sprinkel die lemoenskil en dadels oor en vou dit by die mengsel in tot net gemeng. Smeer dit oor die rou kors.

4. Laat bak die koekies vir 20- 25 minute tot ligbruin. Laat dit heeltemal afkoel en sny in stafies. Vir ekstra lekker kan jy ook sjokolade smelt en oor die stafies smeer voordat jy dit sny.