Friday 24 March 2017

Gesonde neutstafies



Gesonde neutstafies
4 eetlepels vlassaad (flax)
2 eetlepels chia-sade of gekraakte kakaobone (cacao nibs)
1 koppie rou amandels
½ koppie rou pekanneute...
½ koppie rou kasjoeneute
½ koppie goue sultanas of
gekristalliseerde gemmer
½ teelepel vanielje
¾ teelepel seesout
½ koppie heuning
¼ koppie klapperbotter (of gewoon)

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n oondpan van 20 cm x 20 cm uit met bakpapier wat 4 cm oor die kante hang en smeer dit goed met botter.

2. Pols 3 eetlepels vlassade en chia of kakaobone saam in die voedselverwerker tot grof gekap.

3. Meng dit saam met die res van die droë bestanddele en druk die mengsel in die pan. Verhit die heuning en klapperbotter en meng deur die droë mengsel.

4. Bak vir 20 minute of totdat dit begin verkleur. Laat dit afkoel in die pan voordat jy die stafies sny.