Songedroogde tamatie, baba spinasie en feta frittata
Bedien 1
...
Bestanddele
2 eiers
125ml room
30ml botter
1 handvol baba spinasie
4 songedroogde tamaties, opgekap
30g fetakaas, gekrummel
20g mozzarellakaas, gerasper
sout en peper na smaak
klein handvol roket- of waterkersblare
Stappe
Voorverhit oond tot 200C.
Klits room en eiers saam en geur met sout en peper.
Smelt botter in ’n klein pan en wanneer dit effens bruin raak, braai vinnig die spinasie daarin.
Voeg die songedroogde tamaties en fetakaas by en rangskik mooi in ’n pan.
Gooi die eiermengsel oor die groente en sprinkel mozzarellakaas in.
Bak vir 20 – 25 minute tot die eier set en goubruin is bo-op.
Bedien
Bedien warm met tamatieblatjang en ’n sny warm, gebotterde koringbrood vir ontbyt of met ’n ligte slaai vir middagete ,,
Sjef se nota’s
Jy kan ook die mengsel verdeel in kolwyntjiepan en bak vir 15 – 20 minute. Dit maak kleiner, individuele frittatas wat lekker is vir kosblikke.
Mieliebrood
Bestanddele
125g strepiespek, gekap
1 medium ui, fyngekap
500g bruismeel
3.7ml (¾ teelepel) sout
2.5ml (½ teelepel) gedroogde mosterdpoeier
30ml (2 eetlepels) olie
50ml suiker
2 ekstra groot eiers
1 blikkie soetmielies
15ml (1 eetlepels) pietersielie, fyngekap
100g verouderde cheddarkaas, gerasper
melk om die deeg taai te maak
Stappe
Voorverhit die oond tot 180C
Verhit ’n klein braaipan oor medium hitte en braai die spekstukkies tot krakerig
Skep die spek uit die pan en plaas op handdoekrol
Voeg die gekapte ui by die spekvet in die pan en braai tot sag. Dreineer die orige vet en plaas eenkant.
Spuit ’n broodpan met kossproei
Meng die meel, sout en mosterdpoeier
Klits olie, suiker en eiers saam vir 1 minuut en voeg die meelmengsel by. Meng goed.
Voeg soetmielies, pietersielie en kaas by met genoeg melk om ’n taai deeg te vorm
Roer die spek en uie goed deur die mengsel
Plaas in die broodpan en smeer glad
Bak vir ’n uur
Sjef se nota’s
Jy kan ook cayennepeper of songedroogde tamaties byvoeg vir afwisseling