Monday 6 March 2017

Staatmaker-koekiedeeg



Staatmaker-koekiedeeg
Die rolletjies koekdeeg kan ook vir tot drie maande in die vrieskas gehou word, reg om in sirkels gesny te word vir die bakslag. Boonop sal die rolletjies deeg verveelde vakansiekinders ook ’n goeie rukkie besig hou. Ons het die deeg in 3 verdeel en 3 heerlike geure gemaak.
• 450 g sagte botter
• 250 ml (1 k) strooisuiker...
• 1 blik (379 g) kondensmelk
• 5 x 250 ml (700 g) koekmeelblom

• 20 ml (4 t) bakpoeier
• 2 ml (½ t) sout
• 100 g sjokolade, gekap
• 100 g pistasieneute en gedroogde bosbessies
• skil van 1 lemoen, gerasper
• skil van 1 suurlemoen, gerasper
• skil van 1 lemmetjie, gerasper
1 Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.
2 Room die botter en strooisuiker saam tot liggeel. Voeg die kondensmelk by en meng goed deur.
3 Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en meng by die bottermengsel in.
4 Verdeel die deeg in 3 stukke. Voeg die sjokoladeblokkies by een stuk, pistasieneute en bosbessies by die volgende en die gerasperde sitrusskil by die laaste stuk deeg. Meng goed deur.
5 Rol die deeg in silindervorms en draai elk in kleefplastiek toe en hou in die vrieskas tot benodig.
6 Sny die deeg in 1 cm-skywe en sit sowat 2 cm uitmekaar op die bakplaat. Bak vir 15 – 20 min. of tot goudbruin.
(Rooi Rose)