Friday, 24 March 2017

Seldery- en komkommerslaai



Seldery- en komkommerslaai
Genoeg vir 6 persone

3 selderystokkies, in skyfies gesny
½ komkommer, sagte binnekant verwyder en in skyfies gesny...
1 blikkie heelpitmielies, dreineer
½ ui, gekap
100 g groenbone
2 blikkies tuna, dreineer
250 ml laevet of vetvrye gewone jogurt
15 ml mayonnaise
30 ml vars pietersielie, gekap
10 ml suurlemoensap
1 knoffelhuisie, gekneus
sout en peper

METODE:

Meng die seldery, komkommer, mielies en ui saam. Gooi die groenbone in kookwater en laat staan vir 3 minute, dreineer en spoel dadelik met koue water. Voeg by die res van die slaai en skep die tuna bo-oor. Meng die jogurt, mayonnaise, pietersielie, suurlemoensap en knoffel saam. Geur met sout en peper en bedruip die slaai.